ATKV Hartenbos | Garden Route | Accommodation | Things to do With Kids

ATKV Hartenbos Garden Route Accommodation

Hartenbos Show me on google maps
picnic excursions accommodation roadtrip

Age Groups

  • All

ATKV Hartenbos, Tuinroete

For the English version please visit ATKV Hartenbos - English

ATKV HHartenbos | Garden Route | Family-Friendly Accommodation and Resorts

Ontdek die Tuinroete vanaf ATKV-Hartenbos saam met vriende en familie. Hierdie veelsydige familie vakansie oord bied akkommodasie vir elke behoefte. Hartenbos is slegs 40km van die internasionale George-lughawe. Sakpas-gesinsvakansies by die see is verseker moontlik met ATKV-Hartenbos se akkommodasie, waar jy per eenheid betaal in plaas van per persoon.

Die oord en omgewing bied ’n groot verskeidenheid aktiwiteite en ontspanningsgeriewe, ’n restaurant, kitskosafdeling en geriefswinkel, strand en see.

Watter akkommodasie opsies bied ATKV Hartenbos?

ATKV Hartenbos bied ’n verskeidenheid selfsorg akkommodasie en kampeer geriewe. Elke selfsorgeenheid is gemeubileer en volledig toegerus. Sien meer besonderhede hier onder.

Watter aktiwiteite is beskikbaar vir families by die oord?

ATKV HHartenbos | Garden Route | Family-Friendly Accommodation and Resorts

Buiteswembad en warm binnenshuise swembad

  • Minigholf
  • Wipmatte
  • Speletjies arkade
  • Hartenbos Pretpark
  • Die ATKV-Hartenbos-museum
  • Staproetes – volg die marmerblokke met uittreksels uit die gedigte van 16 digters uit verskillende tydperke wat die afgelope eeu se Afrikaanse digkuns verteenwoordig. Al die gedigte het die see as onderwerp.

ATKV Hartenbos | Garden Route | Family-Friendly Accommodation and Resorts

Familie Vriendelike Woonwa- en kampeerterrein

ATKV HHartenbos | Garden Route | Family-Friendly Accommodation and Resorts

ATKV-Hartenbos is perfek geleë vir ʼn besonderse woonwavakansie. Elkeen van die meer as 570 staanplekke is toegerus met ’n 220 V/10 A-kragpunt, asook kragpunte. Kliente moet hul eie braai geriewe voorsien. Sien die uitleg van die kampeer terrein hier onder.

ATKV Hartenbos | Garden Route | Family-Friendly Accommodation and Resorts

Laat ATKV Hartenbos dagbesoekers toe?

ATKV Hartenbos | Garden Route | Family-Friendly Accommodation and Resorts

ATKV-Hartenbos is die enigste oord wat nie die dagbesoekersbeleid toepas nie, omdat die oord binne-in die dorp geleë is en daar nie toegangsbeheer toegepas kan word nie.

Selfsorg Akkommodasie vir jou volgende familie wegbreek:

ATKV HHartenbos | Garden Route | Family-Friendly Accommodation and Resorts

Carney-kamers

Carney Kamers is selfsorgeenhede geskik vir vier persone. Dit bied ʼn kombuis met 'n tweeplaatstoof en yskas. Daar is verder gemeenskaplike ablusiegeriewe vir mans en dames.

Carney-woonstelle

Carney Woonstelle is selfsorgdeenhede geskik vir vier persone. Dit bied 'n volledig toegeruste kombuis en 'n privaat badkamer.

Kothuise

Die Kothuise is geskik vir 5 persone. Koshuise bied 'n volledig toegeruste kombuis en woonvertrek met DSTV.

Oranjehof-kamers

Oranjehof bied kamers vir 2 en/of 3 persone in 'n hostel wat toegerus is met 'n yskas, breekgoed en ketel. Besoekers maak gebruik van ʼn gemeenskaplike kooklokaal en ablusiegeriewe.

Rondawels

ATKV Hartenbos | Garden Route | Family-Friendly Accommodation and Resorts

Hartenbos ATKV Rondawels bied akkommodasie in selfsorgeenhede vir 2 tot 4 persone. Daar is ʼn verskeidenheid om van te kies naamlik. Kombuise is ten volle toegerus en linne word in al die eenhede voorsien. Handdoeke word ook voorsien, behalwe in die 2 bed eenhede sonder badkamer en die 4 bed rondawels.

  • 2-bedrondawel met badkamer

2 Enkelbeddens, 1 Badkamer (stort,wasbak en toilet),2-plaatstoof, yskas, mikrogolfoond en DSTV

  • 2-bedrondawel sonder badkamer

2 Enkelbeddens, koue water wasbakkie , maak gebruik van ablusie (geen badkamer), 2-plaatstoof, yskas,  geen TV en mikrogolfoond 

  • 3-bedrondawel

1 Slaapkamer met 1 dubbelbed en 1 slaapbank in kombuisarea,  badkamer (bad/instap-stort, toilet), ten volle toegeruste kombuis met mikrogolfoond, 2-plaatstoof en yskas en DSTV

  • 4-bedrondawel

2 slaapkamers, 1 kamer met dubbel bed en 1 kamer met 2 enkel beddens, kombuisarea,  badkamer (bad/instap-stort, toilet) Ten volle toegeruste kombuis met mikrogolfoond, 2-plaatstoof en yskas en DSTV

  • 4-bedrondawel (Oranjehof)

1 Slaapkamer met dubbelbed en slaaphoekie met enkel stapelbed, kombuisarea, badkamer (bad/instap-stort, toilet) Ten volle toegeruste kombuis met mikrogolfoond, 2-plaatstoof en yskas en DSTV

  • 4-bedrondawel (Rivieroewer

1 Slaapkamer met dubbelbed en slaaphoekie met enkel stapelbed, kombuisarea, badkamer (bad/instap-stort, toilet) Ten volle toegeruste kombuis met mikrogolfoond, 2-plaatstoof en yskas en DSTV

Skakelhuise

ATKV Hartenbos bied verder drie skakelhuis eenhede geskik vir ses persone. Die skakelhuise bied twee slaapkamers elk en ʼn volledig toegeruste kombuis.

6-bed eenhede (2 slaapkamers, 1 kamer met dubbelbed, 1 kamer met stapelbed en 2 x slaapbanke in die woonvertrek, Badkamer (kombinasie-stort, bad en wasbak) (105/107/109 instap-stort) / toilet. Kombuis met stoof/ oond/ mikrogolfoond en yskas, DSTV, onder afdak braaigeriewe en onder afdak parkering) Eenheid 127 is rolstoelvriendelik.

Strandhuise

ATKV Hartenbos bied strandhuis eenhede geskik vir ses persone. Die huise bestaan uit 2 of 3 slaapkamers, 'n volledig toegeruste kombuis/woonvertrek, DSTV, lugverkoeling, asook onderdak parkering en -braaigeriewe.

Agt persoon strandhuis. Hierdie eenheid bied 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 3 slaapkamers met 2 enkelbeddens elk. Die Strandhuis bied ʼn volledig toegeruste kombuis/woonvertrek, DSTV, lugverkoeling, asook onderdakparkering en -braaigeriewe.

ATKV HHartenbos | Garden Route | Family-Friendly Accommodation and Resorts

Tarriewe

Vir 'n meer gedetailleerde beskrywing van die verskillende soorte huisvesting en tariewe, klik op die tariewe

*As gevolg van die opgradering van verskeie verblyfeenhede die afgelope tyd mag dit wees dat die beskrywings en foto's van eenhede verskil van mekaar en ook verskil van die beskrywing op die tariefkaart. Indien daar enige onsekerheid is oor ‘n verblyfeenheid se beskrywing, fasiliteite en gepaardgaande foto’s, is jy welkom om die betrokke oord te skakel of die sentrale besprekingskantoor.

June and July Vermaak Program

Kyk hier vir die vermaak program vir ATKV Hartenbos

ATKV Hartenbos Garden Route is not a member Here are some alternatives

Location

Reviews

You need to be logged in to review listings
Login