ATKV Goudini Spa | Rawsonville | Child-friendly accommodation

ATKV Goudini Spa Rawsonville Accommodation

Wyzersdrift Road Show me on google maps
shopping accommodation alcohol restaurant

Age Groups

  • All

ATKV Goudini SPA

For the English version please visit ATKV Goudini Spa- English

ATKV Goudini Spa | Rawsonville | Child-friendly holiday accommodation | Resort

In die hartjie van die Bolandse berge, minder as een uur van Kaapstad, lê ATKV-Goudini Spa vakansie oord met sy helende mineraalbaddens, warm water waterwurm, tennis- en vlugbalbane, speletjieskamer en natuurskoon stapplek. Dit is die ideale bestemming vir ʼn familie vakansie.

ATKV-Goudini Spa oord bied ’n gelisensieerde restaurant, geriefswinkel en skoonheidsalon op die perseel. Hierdie familie vriendelike vakansie oord bied verder ʼn wassery, OTM en Halaal gesertifiseerde wegneemetes. Die oord beskik ook oor hoë gehalte konferensiefasiliteite wat tot 800 konferensiegangers kan huisves. Daar is nege verskillende konferensie lokale om van te kies.

Watter akkommodasie opsies bied ATKV Goudini SPA?

ATKV Goudini Spa | Rawsonville | Child-friendly holiday accommodation | Resort

ATKV-Goudini Spa bied ’n verskeidenheid selfsorg akkommodasie en kampeer geriewe. Elke selfsorgeenheid is gemeubileer en volledig toegerus met DSTV.

Watter aktiwiteite is beskikbaar vir families by die oord?

  • Binnenshuise en buiteswembaddens
  • Mineraal- en borrelbaddens
  • Waterwurm en wipmatte
  • Minigholf
  • Staproetes
  • Voëlverkenning
  • Perderitte
  • Tennis en vlugbal
  • Snoeker en potspel
  • Speletjiesarkade

Vir sekere fasiliteite en vermaak mag daar van tyd tot tyd 'n addisionele heffing gevra word

ATKV Goudini Spa | Rawsonville | Child-friendly holiday accommodation | Resort

Laat ATKV Goudini Dagbesoekers toe?

Dagbesoekers kan die oorde daagliks van 08:00 tot 17:00 besoek. Besoek die webblad vir die nuutste inligting rakende dagbesoeker tarriewe. Skakel gerus ook vooruit om teleurstelling te voorkom.

Familie Vriendelike Woonwa- en kampeerterrein

ATKV Goudini Spa | Rawsonville | Child-friendly holiday accommodation | Resort

Die woonwa- en kampeerterrein het ’n driestergradering van die Suid-Afrikaanse Toerismeraad ontvang en bestaan uit 54 geplaveide staanplekke, elk met ’n 15 amp-kragpunt, ʼn kraan en privaat braai. Daar is verder goed versorgde gemeenskaplike ablusiefasiliteite, opwasgeriewe en ʼn wassery. Dit is ideaal vir bekostigbare familie wegbreek.

Selfsorg Eenhede

ATKV Goudini Spa | Rawsonville | Child-friendly holiday accommodation | Resort

Badsberg-eenhede

5-bed Badsberg-eenhede (opgegradeer)

Tweeslaapkamer, 5-bedeenheid oopplan kombuis/woonvertrek met ’n driestergradering. Badkamer met bad, wasbak en toilet. Buite: ’n Ingeboude braaiplek en parkeerplek voor die eenheid. Tien opgegradeerde 5-bedeenhede met ’n driestergradering.

4-bed Badsberg-eenhede

Hier is tien vier-bedeenhede met ’n tweestergradering. Badsberg eenhede beskik oor twee slaapkamers? met ʼn oopplankombuis/woonvertrek bo. ’n Volledige badkamer onder en nog ’n badkamer bo met ’n toilet, wasbak en stort. Buite: ’n Ingeboude braaiplek en parkeerplek voor die eenhede.

Twee slaapkamer/beddens in leefvertrek? ’n Dubbelbed met ’n oopplankombuis/woonvertrek bo. Een enkelbed en een dubbele slaapbank en ’n tweeplaatstoof in die kombuis. ’n Volledige badkamer onder en nog ’n badkamer bo met ’n toilet, wasbak en stort. Buite: ’n Ingeboude braaiplek en parkeerplek.

Boland-kompleks

Boland kompleks het ʼn driester gradering en is geskik vir ses tot agt persone. Die eenhede van die Boland-kompleks is in ’n sirkel gebou en elke eenheid word deur ’n tuinmuur geskei. Al die eenhede kyk uit op ’n sentrale swembad met natuurlike bronwater.

Goudini-woonstelle

Goudini Woonstelle is geskik vir twee tot ses persone. Daar is sewe eenhede.

Rondawels

Rondawels beskik oor twee- en driester gradering. Daar is 101 eenhede.

Rondawels met tweestergradering het een slaapkamer met ’n ingeboude dubbelbed en ’n kombuis/woonvertrek met twee ingeboude enkelbeddens. Badkamer met ʼn stort, wasbak en toilet.

Rondawel smet driestergradering beskik oor een slaapkamer met ’n dubbelbed en een slaapkamer met twee enkelbeddens. Die woonvertrek het ’n slaapbank vir ’n ekstra persoon. Die eenheid het lugverkoeling en lugverwarming in die leefarea met ’n onderdak braaiplek.

Slanghoek-villas

Die vierster Slanghoek-villas is luuks en geskik vir ses persone. Daar is 22 eenhede, toegerus met ’n kaggel en onderdakbraai op die veranda. Elke slaapkamer het sy eie veranda.

Tulbach-woonstelle

Tulbach eenhede het ʼn tweestergradering en is geskik vir vyf persone. Elkeen het ʼn buite stoep en geplaveide area met 'n privaat braai.

ATKV Goudini Spa | Rawsonville | Child-friendly holiday accommodation | Resort

Tariewe

Vir 'n meer gedetailleerde beskrywing van die verskillende soorte huisvesting en tariewe, klik op die tariewe

Promosieis by ATKV Goudini Spa Rawsonville

Kom Binnekort

ATKV Goudini Spa Rawsonville is not a member Here are some alternatives

Location

Reviews

You need to be logged in to review listings
Login