ATKV Eiland Spa | Limpopo | Child-friendly accommodation
accommodation roadtrip dad friendly alcohol restaurant picnic

Age Groups

  • All

ATKV-Eiland Spa

For the English version please visit ATKV Eiland Spa - English

ATKV-Eiland Spa | Limpopo | Child-friendly family accommodation

ATKV-Eiland Spa waar dit elke dag somer is ATKV-Eiland Spa is geleë in die Hans Merensky-natuurreservaat op die suidelike oewer van die Letabarivier. Dit is slegs 68 km oos van Tzaneen in die Limpopo provinsie. Eiland Spa geniet heeljaar warm, sonnige weer en saam met die uiteenlopende natuurskoon is hierdie oord een van die gewildste oorde in Suid-Afrika. Die oord bied ʼn verskeidenheid selfsorg akkommodasie, ontspanningsgeriewe en -aktiwiteite, restaurant, asook ’n helende hidro spa. ATKV-Eiland Spa is ʼn fantastiese plek vir die hele gesin om te gaan ontspan.

Watter aktiwiteite is beskikbaar vir families by die ATKV Eiland Spa?

  • Bosveld-Arboretum
  • Braai-area
  • Buite warmswembad
  • Foosball
  • Gimnasium
  • Groot skaakbord
  • Hidrospa, sauna, stoombad, warm water mineraalbad
  • Jukskei bane
  • Kouewaterswembad en plaspoel
  • Minigholf
  • Perderitte
  • Potspel
  • Springmatte
  • Stap- en fietsryroetes
  • Tafeltennis
  • Tennis, rolbal en vlugbal
  • Visvang
  • Voëlverkenning
  • Waterwurm

Fasiliteite by die oord sluit in 1 uur gratis WiFi, die Koswerf-restaurant, Tanani-wegneemetes (Koswerf-wegneemetes), winkel en drankwinkel. Daar is verder ʼn Bosveld-Arboretum, Wassery en OTM. Vir sekere fasiliteite en vermaak mag daar van tyd tot tyd 'n addisionele heffing gevra word.

Watter akkommodasie opsies bied ATKV-Eiland Spa?

ATKV-Eiland Spa | Limpopo | Child-friendly family accommodation

ATKV-Eiland Spa maak voorsiening vir almal se akkommodasie voorkeure, alles teen ’n asemrowende Bosveld agtergrond. Alle eenhede is selfsorg. Linne en handdoeke word elke vyfde dag omgeruil. Skoonmaak dienste word verskaf teen ʼn ekstra fooi. Elke eenheid is gemeubileer, volledig toegerus met lugverkoeling, 'n braai-area en DSTV.

Familie Vriendelike Woonwa- en Kampeerterrein

ATKV-Eiland Spa | Limpopo | Child-friendly family accommodation

Die woonwa- en kampeerterrein se staanplekke is toegerus met kragpunte, kraan, braaier en gerieflike ablusieblokke. Eiland Spa het ʼn beperkte hoeveelheid plaveisel staanplekke beskikbaar, die normale staanplekke is beskikbaar op grond. Die staanplekke kan tot en met 6 persone akkommodeer.

Laat ATKV-Eiland Spa dagbesoekers toe?

Dagbesoekers is nie net beperk tot ATKV-lede nie, maar voorafbesprekings is noodsaaklik. Beperkte aantal dagbesoekers word toegelaat. Geen busse met besoekers wat nie vooraf reëlings tref word toegelaat nie. ATKV-lede en nielede wat reeds as vakansiegangers by die oord is se familie en vriende mag hulle as dagbesoekers besoek, maar dis noodsaaklik om vooraf reëlings te tref by ontvangs. Die aantal dagbesoekers per oord moet streng beheer word omdat elke oord net ’n beperkte aantal besoekers kan toelaat, gevolglik is van die oorde ook gesluit vir dagbesoekers gedurende die hoof seisoen. Dit is dus die beste om vooraf te skakel en reëlings te tref.

Selfsorg Eenhede

ATKV-Eiland Spa | Limpopo | Child-friendly family accommodation

Jeugtuiste

Die jeugtuiste kan 88 persone huisves en is uiters geskik vir enige skool- of kerkgroepe. Dit bestaan uit twee vleuels met badkamers en kamers vir onderwysers of toesighouers. Daar is verder 'n goed toegeruste kombuis en ’n eet area met ’n braaiplek en opwasgeriewe aan die buitekant. Inwoners van die Jeugtuiste kan gebruik maak van al die fasiliteite van die oord.

Rondawels

ATKV-Eiland Spa | Limpopo | Child-friendly family accommodation

Rondawels by Eiland Spa geniet ʼn 3-ster gradering. Dit is met lugverkoeling toegerus en kan 2 tot 6 mense kan huisves. Gebruik gerus die kontak vorm hier onder om meer uit te vind oor die volgende luukse akkommodasie:

  • 2-bedrondawel
  • 2-4-bedrondawel
  • 4-bedrondawel
  • 4-6-bedrondawel

Tariewe

Vir 'n meer gedetailleerde beskrywing van die tariewe, klik op die tariewe

Promotions for ATKV Eiland Spa

Kom Binnekort

ATKV-Eiland Spa is not a member Here are some alternatives

Location

Reviews

You need to be logged in to review listings
Login