ATKV-Drakensville | Durban | Child-friendly family accommodation
accommodation dad friendly alcohol restaurant excursions

Age Groups

  • All

ATKV-Drakensville, Durban, KwaZulu Natal

For the English version please visit ATKV Dranensvill - English

ATKV-Drakensville | Durban | Child-friendly family accommodationdrak3.jpg

ATKV-Drakensville is geleë naby die voetheuwels van die Drakensberg-amfiteater en die skouspelagtige Drakensberge. Dit is net meer as drie ure se ry van beide Johannesburg en Bloemfontein of sowat twee en ’n half ure se ry van Durban af.

ATKV-Drakensville bied asemrowende uitsigte en, word omring deur historiese bakens. Die oord bied toegang tot verskeie toeriste-aantreklikhede in die omgewing. ATKV-Drakensville het verskeie soorte akkommodasie, avontuuraktiwiteite, ontspanningsgeriewe, ’n restaurant, kitskos en ʼn geriefswinkel. Drakensville is perfek vir jou sprokiestroue, familie wegbreek of konferensies.

Watter akkommodasie opsies bied ATKV Drakensville?

ATKV-Drakensville is die Provinsiale Lilizela wenner in die drie-ster Karavaan en Kamperingafdeling. Die oord het verskeie soorte akkommodasie wat insluit kampering, bed en ontbyt sowel as selfsorg eenhede. Alle eenhede word daagliks gediens, is gerieflik gemeubileer en ten volle toegerus met DSTV.

Watter aktiwiteite is beskikbaar vir families by die oord?

ATKV-Drakensville | Durban | Child-friendly family accommodation

Die oord het verskeie avontuuraktiwiteite, ontspanningsgeriewe, ’n restaurant en winkel. Aktiwiteite by die oord sluit in:

  • ʼn Verhitte swembad
  • Koue swembad en plonspoel
  • Waterglybaan
  • Monsterskaak
  • Potspel
  • Avontuur-minigholf
  • Perderitte
  • Staproetes
  • Voëlverkenning
  • Speletjieskamer
  • Diereplaas
  • Omgewingsentrum wat aktiwiteite kan aanbied soos boogskiet, verfbal skiet, foefieglybaan en abseil.

ATKV-Drakensville | Durban | Child-friendly family accommodation

ATKV-Drakensville | Durban | Child-friendly family accommodation

Die Koswerf familie vriendelike restaurant bied heerlike buffet- en à la carte-etes. Wegneemetes kan by die geriefswinkel bestel word. Die oord het ook 'n OTM, drankwinkel en daar is 'n skoonheidsalon. Vir sekere fasiliteite en vermaak mag daar van tyd tot tyd 'n addisionele heffing gevra word.

Familie Vriendelike Woonwa- en Kampeerterrein

ATKV-Drakensville | Durban | Child-friendly family accommodation

Die Drakensville-kampeerterrein beskik oor geplaveide staanplekke en welige grasperke en is toegerus met uitstekende gemeenskaplike opwas- en ablusiefasiliteite. Die ablusiefasiliteite is ook rolstoel vriendelik. Elke staanplek het ’n 15 amp-kragpunt en hul eie braaigeriewe.  Wassery beskikbaar op die oord.

Laat ATKV Drakensville dagbesoekers toe?

ATKV-Drakensville | Durban | Child-friendly family accommodation

Dagbesoekers is nie net beperk tot ATKV-lede nie , maar voorafbesprekings is noodsaaklik. Beperkte aantal dagbesoekers word toegelat. Om ʼn veilige gesinsomgewing te skep word daar verder geen drank by die swembaddens toegelaat nie. Geen busse met besoekers word toegelaat nie, tensy hulle vooraf reëlings getref het. ATKV-lede en nielede wat reeds as vakansiegangers by die oord is se familie en vriende mag hulle as dagbesoekers besoek, maar dis noodsaaklik om vooraf reëlings te tref by ontvangs. Die aantal dagbesoekers per oord moet streng beheer word omdat elke oord net ’n beperkte aantal besoekers kan toelaat, gevolglik is van die oorde ook gesluit vir dagbesoekers gedurende die hoofseisoen. Dit is dus die beste om vooraf te skakel en beskikbaarheid te bevestig.

Ander Akkommodasie:

ATKV-Drakensville | Durban | Child-friendly family accommodation

Selfsorghuise

Selfsorg eenhede geniet ʼn driestergradering en is geskik vir 2, 4 of 6 persone. Die verskeie selfsorg eenhede het 1, 2 of 3 slaapkamers, ʼn kombuis, sitkamer, toilet, badkamer, mikrogolfoond, twee plaat stoof, oond, ketel, twee deur yskas, eetgerei vir die hoeveelheid persone, televisie met 14 DSTV kanale, lugversorging en onderdak buite braai geriewe op die stoep. Die eenhede wat 2 slaapkamers het se slaapkamers bestaan onderskeidelik uit twee enkelbeddens en een dubbelbed in. Die eenhede wat 3 slaapkamers het se slaapkamers bestaan onderskeiedelik uit vier enkel beddens in en een dubbelbed.

Bed en ontbyt kamers

Bed en ontbytkamers het ʼn driestergradering. Dit bied een slaapkamer (enkel of dubbel) vir 2 persone met ’n en suite-badkamer. Etes word by Koswerf restaurant verskaf.

Tariewe

Vir 'n meer gedetailleerde beskrywing van die verskillende soorte huisvesting en tariewe, klik op die tariewe skakel.

Promosies vir ATKV-Drakensville

Kom weer terug.

ATKV-Drakensville, Durban is not a member Here are some alternatives

Location

Reviews

You need to be logged in to review listings
Login