Taalmonument Museumdag dans-dans

Taalmonument Museumdag dans-dans Special Events

18 May 2019

Gabbema Doordrift St, Paarl Show me on Google maps
shows

Age Groups

  • All

Taalmonument vier Museumdag dans-dans
Gratis geleentheid bewys hoe museums as kulturele kerns vir die toekoms van tradisies dien

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) vier vanjaar ʼn luisterryke Internasionale Museumdag in die Paarl se ikoniese toringkerk deur erkenning te gee aan Suid-Afrika se musikale rykdom – van rieldans en klopse tot tradisionele Xhosa-danse en ballet. Siende dat vanjaar se tema vir Museumdag ‘Museums as kulturele kerns: die toekoms van tradisies’ is, sal die geleentheid fokus op die rol van museums om as kulturele kerns te dien vanwaar tradisies bewaar, beleef en omvorm kan word.

Die groepe wat deelneem is Hotshot Panthers (klopse), Boland Vastrappers (rieldans), Ulrich Benting & Myrchelle Williams (Latyns-Amerikaans), Infinite Achievers se Fabia & Aldan (baldans), Diversity (hip-hop), Triple A se Portia Adams, Mia Adendorff & Danike Adams (ballet), Bootscooters (lyndans), The Beats (kwaito) asook Dalubuhle Primêr (Xhosa- en gumboot-danse).

Die feestelike geleentheid geskied van 10:00 tot 12:00 op Saterdag, 18 Mei 2019. Bywoning is gratis, maar besprekings is noodsaaklik omdat daar ruimte vir slegs 250 besoekers is.

Die Toringkerk met sy 57m hoë, kenmerkende toring is in 1907 voltooi en word beskou as een van die grootste en sierlikste kerkgeboue in die land. Dit is in 1982 tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar. Meer inligting by www.toringkerk.co.za. Die Internasionale Museumraad organiseer sedert 1977 jaarliks die Internasionale Museumdag, wat 'n unieke oomblik vir die internasionale museumgemeenskap verteenwoordig. Op hierdie dag bied die deelnemende museums skeppende gebeure en aktiwiteite, wat verband hou met die tema, aan, betrek hulle die publiek en beklemtoon die belangrikheid van die rol van museums as instellings wat die samelewing en die ontwikkeling daarvan dien. In 2018 het meer as 40 000 museums in ongeveer 158 lande deelgeneem. Sien www.imd.icom.museum vir meer inligting.

Vir besprekings en verdere inligting, skakel 021 863 0543/4809, e-pos bemarking2@taalmuseum.co.za. Die Taalmonument se toegangsfooie is R40 vir volwassenes, R10 vir Suid-Afrikaanse studente en pensioenarisse, R5 vir kinders onder 18 (gratis onder ses jaar) en op spesifieke dae gratis vir Drakenstein-inwoners met geldige biblioteekkaartjies. Oudiogidse is beskikbaar in Afrikaans, Engels, Xhosa, Frans, Duits en Nederlands. Vir meer inligting oor die ATM se jaarpermitte en opwindende geleenthede, besoek www.taalmonument.co.za of volg die Taalmonument op Facebook, Twitter of Instagram.
-
Taalmonument to dance the Museum Day away
The free event showcases how museums serve as cultural hubs for the future of traditions

The Afrikaans Language Museum and Monument (ATM) will celebrate this year's International Museum Day in Paarl's iconic Toringkerk in style by paying homage to South Africa's musical wealth - from riel dance and klopse to traditional Xhosa dances and ballet.
As this year's theme for Museum Day is ‘Museums as Cultural Hubs: The future of tradition', the event will focus on museums’ roles to serve as cultural hubs from where traditions can be preserved, lived and adapted.

The participating groups are Hotshot Panthers (klopse), Boland Vastrappers (rieldans), Ulrich Benting & Myrchelle Williams (Latin-American), Infinite Achievers’ Fabia & Aldan (ballroom), Diversity (hip-hop), Triple A’s Portia Adams, Mia Adendorff & Danike Adams (ballet), Bootscooters (line dancing), The Beats (kwaito) as well as Dalubuhle Primary (Xhosa and gumboot dances).

The festive event takes place from 10:00 to 12:00 on Saturday, 18 May 2019. Entry is free, but booking is essential as only 100 visitors can be accommodated.

The Toringkerk (spire church) with its 57m high, distinctive spire was completed in 1907 and is considered one of the largest and most elegant church buildings in the country. It was declared a national monument in 1982. More information at www.toringkerk.co.za. Every year since 1977, the International Council on Museums has organised International Museum Day, which represents a unique moment for the international museum community. On this day, participating museums host creative events and activities related to the theme, engage with their public and highlight the importance of the role of museums as institutions that serve society and its development. In 2018, more than 40,000 museums participated in the event in some 158 countries. See www.imd.icom.museum for more information.

For further information and bookings, call 021 863 0543/4809, e-mail bemarking2@taalmuseum.co.za. The Taalmonument’s entrance fees are R40 for adults, R10 for South African students and pensioners, R5 for children under 18 (free under six years) and free for Drakenstein residents with valid library cards on specific days. Audio guides are available in Afrikaans, English, Xhosa, French, German and Dutch. For more information on the ATM's yearly permits and exciting events, visit www.taalmonument.co.za or follow the Taalmonument on Facebook, Twitter or Instagram.

Pricing

Minimum spend

  • per adult
    R40
  • per child
    R5
Please Note: All enquiries with invalid email addresses or links in the body will not be sent.
Enquire Now

Send Message

Location

Map - Things to do With Kids
Contact this event Telephone

Details for Museumdag dans-dans