Hantam Vleisfees 2019

Hantam Vleisfees 2019 Special Events

30 August 2019 - 31 August 2019

Hoofstraat Calvinia Show me on Google maps
shopping accommodation restaurant picnic markets

Age Groups

  • All

Die 30ste Hantam Vleisfees spog vanjaar met ’n vol program

Vanjaar is die Hantam Vleisfees se program propvol lekker aktiwiteite. Kom kyk na optredes van ons land se top-kunstenaars en geniet die lekkerste vleis. Beleef dié pragdorpie in al sy glorie tydens die kuier van die jaar by die Hantam Vleisfees op 30 en 31 Augustus op Calvinia. Die Hantam in sinoniem met skaapvleis en hiervan gaan daar ’n oorvloed by die fees beskikbaar wees.

Met die Hantam Vleisfees se propvol program vanjaar spog hulle met hope aktiwiteite en vermaak. Daar sal genoeg genot wees vir jonk en oud en die kinders by die fees sal genoeg hê om hulself besig te hou met hul eie kindervermaakprogram. Die opgewondenheid loop hoog op die dorp en almal is reeds in rep en roer om alles gereed te kry.

Die kinderarea sal die jongspan die hele dag besig hou, terwyl die ouers deur die stalletjies kan loop om al die handgemaakte produkte te besigtig terwyl daar aan iets gesmul - en selfs ’n glasie wyn geniet - kan word.

Vanjaar gaan Mej. Vleisfees tydens die Vleisfees-dans op 29 Augustus gekroon word. Maak ’n punt daarvan om die geleentheid, wat ook ’n heerlike ete en dans insluit, op die Donderdagaand by die gholfsaal op Calvinia by te woon. Mej. Vleisfees sal op die Vrydag en Saterdag deel wees van die optog van veteraanvoertuie en -trekkers wat deur die dorp en om die arena van die fees sal beweeg.

Die Klipwerf Orkes se optrede is natuurlik vanjaar weer een van die hoogtepunte by die Hantam Vleisfees. Pak jou dansskoene in en kom skoffel saam tot laat. Die orkeslede is oorspronklik van Calvinia en hulle woon jaarliks die Hantam Vleisfees by. Maak dus seker jy kom kuier saam met die Klipwerf Orkes.

Kaartjies sal slegs by die hekke te koop wees. Op Vrydag, 30 Augustus kos die kaartjies vir volwassenes R70 en R30 vir kinders. Op Saterdag, 31 Augustus kos die kaartjies vir volwassenes R120 en R60 vir kinders. Besoek www.hantamvleisfees.com vir meer inligting, die volledige program en om jou verblyf te bespreek.

Pricing

Minimum spend

  • per adult
    From R70
  • per child
    From R30
Please Note: All enquiries with invalid email addresses or links in the body will not be sent.
Enquire Now

Send Message

Location

Map - Things to do With Kids
Contact this event Telephone

Details for Hantam Vleisfees