Filter
Is jou kind ’n Besigheidsbytjie-entrepreneur?

Is jou kind ’n Besigheidsbytjie-entrepreneur?

Vyf wenke vir ouers om entrepreneuriese eienskappe by hulle kinders aan te moedig

Deur Leandie Bräsler (AfriForum se bestuurder vir junior jeugleierskap)

Môre se besigheidsleiers en stigters is vandag se kinders wie se ouers hulle grootgemaak het met ’n entrepreneuriese psige – dit is ’n toenemende belangrike vaardigheid om te hê in vandag se samelewing, veral waar werk skaars is. Ons kan ons kinders leer om werkskeppers te wees, om selfbestuur toe te pas en dinge self gedoen te kry.

True Inspiration amid Covid-19 | Entrepreneurial kids

Hier is vyf wenke wat ouers kan help om entrepreneuriese eienskappe by hulle kinders aan te moedig:

  1. Om effektiewe probleemoplossings te modelleer: Om jou kinders voor te berei om besigheidsidees te vind in die alledaagse lewe moet jy hulle probleemoplossingsvaardighede versterk terwyl hulle jonk is. Wanneer daar probleme in jou kind se lewe opduik, hou ’n dinkskrum en soek saam na oplossings. Help jou kind om die probleme te identifiseer, dink aan moontlike oplossings, weeg die voor- en nadele en kies die beste opsies. Hoe meer ouers dit wat nodig is in die probleemoplossingstaak kan identifiseer, dit dan te verwoord en dit daarna met die kind te bespreek, hoe beter sal dit vir die kind wees.
  2. Help kinders om te leer uit hulle foute/mislukking: As ’n ouer beinvloed jy jou kind se bereidwilligheid iets te probeer, om te misluk, om daaruit te leer, en om weer te probeer – ’n noodsaaklike vaardigheid vir entrepreneurs. Om dit te doen, moet jy kritiek voorstel as ’n geleentheid om te leer deur jou kind te help om die vaardigheid te oefen en om ’n dinkskrum te hou oor wat hulle anders kan doen vir ’n volgende keer. Hierdie staan dus bekend as opbouende kritiek. Wanneer jy voorstelle aan jou kind maak oor waar hulle kan verbeter is dit belangrik om hulle ook te prys, m.a.w. gee hulle ’n kompliment/positiewe terugvoer, lewer dan kritiek en eindig dan weer met ’n kompliment/positiewe terugvoer. Hierdie word die “terugvoer toebroodjie” genoem. Vazanna sê dat die “terugvoer toebroodjie” juis help sodat die kind nie moet voel dat hy te hard gekritiseer word nie – hulle kan ook op hierdie manier ’n positiewe boodskap saam met hulle vat en iets daaruit leer.
  3. Laat kinders toe om besluite te neem: ’n Entrepreneur se selfversekerde besluite is gewortel in vroeë onafhanklikheid. Wanneer kinders nog in hulle kleuterjare is, kan jy hulle bv. die keuse gee of hulle spinasie of wortels saam met hulle aandete wil eet, of jy kan hulle dalk toelaat om hulle eie uitrusting vir die dag te kies. Jy stel hulle juis bloot aan hoe dit voel om ’n besluit te moet neem; jy help hulle ook om goed te voel dat hulle daartoe in staat is om besluite te maak – hoe klein dit okal mag wees. Wanneer kinders nog jonk is, moet jy die keuses beperk na net ’n paar opsies, bv. twee-tot-drie opsies. Kinders kan maklik oorweldig voel wanneer hulle te veel keuses moet maak/ te veel opsies het. Soos wat hulle ouer word kan hulle groter besluite begin neem.
  4. Bevorder ’n gevoel van bemeestering: Entrepreneurs moet dikwels groot risiko’s neem en dit sluit onsekerheid in, maar om gemaklik te wees met onsekerheid gebeur nie oornag nie. Kinders het die vryheid nodig om hulle grense te toets en om hulle vrese te oorkom terwyl hulle jonk is. Wanneer jou kind ’n situasie met risiko’s in die gesig staar kan jy hulle eers help dan kan jy die oorskakeling maak dat hulle situasies onafhanklik moet hanteer. Take moet geleidelik moeiliker raak. Dit gee vir die kind ’n gevoel dat hy iets bemeester. Deur hulle te help om te slaag, bemagtig jy hulle om gemaklik te voel deur risiko’s te neem.
  5. Leer konstruktiewe manière om die bestaande toestande (status quo) uit te daag: Kinders word dikwels geleer om die reëls blindelings te volg – ’n gewoonte wat entrepreneurskap belemmer. Leer eerder jou kinders om norme konstruktief uit te daag deur hul rasionaal te artikuleer. Vra hulle: “Wat dink jy moet verander en hoekom? Wat stel jy eerder voor?” Dit is baie belangrik om te onthou dat jy as ouer ook die leiding bied deur self die voorbeeld te wees. Die manier hoe ouers met mekaar en met hul kinders praat stel die gedrag voor wat ’n kind sien en ook self volg. Jou gedrag sal jou kinders help verstaan hoe om norme diplomaties te bevraagteken en wanneer om net die reëls te volg.

Moedig jou kind aan om verder hulle entrepreneursvaardighede te ontwikkel deur aan AfriForum en AfriVriendelik se Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie deel te neem. Die kompetisie word aanlyn gedryf en alle kinders van graad 1 tot graad 9 kan vanaf 1 April 2020 inskryf. Vir meer inligting oor die kompetisie, besoek gerus www.besigheidsbytjies.co.za. Daar is groot pryse op die spel.

Tanya

Tanya

Tanya is our publisher. With an honours degree in Biokinetics, diploma in Business Marketing and Administration, and as a master analyser, she loves blogging about educational topics, and how to simplify life. She is an extroverted logical thinker and enjoys writing about products and services that solve problems and makes life more enjoyable. She is a scientist at heart with a love for life, travel, family, friends and universal principles. In her free time, Tanya reads books on spiritual and business growth. Things to do With Kids created a career that involves her heart for family life, problem-solving and travelling. Tanya surrounds herself with geniuses who share her values, love for wisdom and life.

Related Posts

Comments (2)

  • Gravatar
    Zap23 August 2022

  • Gravatar
    Zap26 September 2022

You need to be logged in to comment on the blog, click below to log in. If have not logged in before, select login with google and an account will be created for you
Login