Lollos | Family friendly shows| Things to do With Kids

Lollos Shows & Movies

Online
shows indoor play home entertainment

Age Groups

  • 0-2
  • 10-12

Lollos bied fantastiese en unieke vermaak vir kinders in Afrikaans. Saam met Lettie, Disco, Minki Burger & Alta Joubert maak die vriendelike karakter van Lalaland seker kinders oor die hele land word sommer lekker fiks! Lollos en Lettie kom kuier slegs op aarde as kinders opgewonde lag: dan werk hulle vlerkies en kom kuier hulle by ons! Gedurende hul lewendige vertonings en vrolike CD’s en DVD’s word daar saam gedans en boonop leer die kleinspan natuurlik ook altyd iets op ‘n prettige manier.

Alta en Minki is albei ma’s en die twee het gevoel daar is net nie genoeg moderne, kleurvolle en aktiewe vermaak vir hul kinders in Afrikaans nie. So het Lollos in 2008 ontstaan met die uitreiking van hul eerste CD. Die liedjies op die CD’s, DVD’s en vertonings is vrolik en ‘funky’en oud en jonk sal beslis nie stil sit gedurende die opgewekte musiek nie. Daar word natuurlik ook altyd iets geleer aan die kleinspan: ABC, tel, dae van die week, opruim, gesond eet, fiks word, Suid-Afrika en herwin is maar net van die temas.

Daar is reeds ses DVD’s uitgereik deur die Lollos span en almal van hulle het platinum status bereik. 

Daar is ook ses CD’s in die Lollos-reeks en Lollos 2 Bons dat dit Gons! het in 2011 ‘n SAMA toekenning gewen as beste Afrikaanse kinder CD.

Verder is daar‘n wye reeks Lollos produkte beskikbaar: Lollos & Lettie sagte speelgoed/poppe, T-hemde, kampstoele beddegoed, handdoeke, strandballe, rugsakke, aktwiteitsboek, skuimplesier en ’n partytjiereeks.  Ons werk gereeld aan nuwe, opwindende produkte om die reeks uit te brei vir ons oulike aanhangers.

Lollos is not a member Here are some alternatives

Reviews

You need to be logged in to review listings
Login