ATKV Natalia | KwaZulu-Natal | Child-friendly family accommodation

ATKV Natalia Beach Resort Accommodation

35 Elizabeth Ave, Illovo Beach Show me on google maps
picnic accommodation restaurant roadtrip

Age Groups

  • All

ATKV Natalia

For the English version please visit ATKV Natalia - English

ATKV Natalia | KwaZulu-Natal | Child-friendly family accommodation

Maak hierdie jaar jou Durban familie vakansie ʼn werklikheid deur by ATKV- Natalia te bespreek. ATKV-Natalia Strandoord is ʼn tropiese paradys waar die weer so te sê heeljaar heerlik is. Egte Afrikaanse gasvryheid by die see. Natalia Strandoord is slegs 40 kilometer Suid van Durban geleë en wag dat jy voetspore in sy sagte sand kom trap en die helderblou, louwarm water ervaar – 'n paradys met matige weer die hele jaar deur. Hierdie bestemming, net 'n klipgooi van talle ongewone en interessante toeristebesienswaardighede, sal jou vakansie in 'n ontdekkingsavontuur verander. Natalia bied 'n subtropiese ambiance vir geslaagde konferensies en stimulerende spanbouprogramme. ATKV Natalia beskik oor moderne geriewe vir groepe van tot 300 persone, asook uitstekende huisvesting en spyseniering uit die boonste rakke. Met 'n ervare konferensiespan wat seker maak dat niks verkeerd loop nie en wat omsien na al jou behoeftes kan jy al jou energie aan kreatiewe en innoverende denke wy.

Watter aktiwiteite is beskikbaar vir families by die oord?

  • Elektries verhitte buiteswembad
  • Geriefswinkel met 'n OTM
  • Kits Koswerf Restaurant
  • Minigholf
  • Potspel, tafeltennis en speletjiesarkade
  • Semi privaat strand met haainette en lewensredders
  • Vlugbalbaan
  • Waterglybaan
  • Wipmatte

ATKV Natalia | KwaZulu-Natal | Child-friendly family accommodation

NEEM KENNIS

Vir sekere fasiliteite en vermaak mag daar van tyd tot tyd 'n addisionele heffing gevra word.

Watter akkommodasie opsies bied ATKV Natalia?

ATKV Natalia | KwaZulu-Natal | Child-friendly family accommodation

Akkommodasie by ATKV-Natalia bestaan uit ’n keuse van 3-ster gesellige selfsorgwoonstelle in verskeie groottes en ’n boomryke 4-ster woonwapark met spogfasiliteite. Al die selfsorgwoonstelle is volledig toegerus met DSTV. Gaste moet wel hul eie swemhanddoeke, skoonmaakmiddels en afdroogvadoeke bring. Eenhede vir 2 tot 6 persone met of sonder seeaansig en met of sonder balkonne. Badkamers beskik oor storte en/of baddens. Grondeenhede het 'n stoepie na buite met 'n tafel en stoele. Agt eenhede het 'n balkon, braaigeriewe en seeaansig.

Familie Vriendelike Woonwa- en Kampeerterrein

ATKV Natalia | KwaZulu-Natal | Child-friendly family accommodation

Alle staanplekke het plaveisel, kragpunte, krane, asblikke en 'n DSTV-punt. Daar is twee ablusieblokke met opwasgeriewe, vir die gesamentlike gebruik van die kampeerders. Die terras staanplekke het seeuitsig van sommige staanplekke waar die laer terras meer beskut is teen die elemente.

ATKV Natalia | KwaZulu-Natal | Child-friendly family accommodation

Laat ATKV Natalia Dagbesoekers toe?

Hoewel ATKV-lede voorkeurbespreking by die oorde geniet, volg die ATKV lank reeds die beleid dat die oorde oop is vir Jan Alleman wat huisvesting betref terwyl net ATKV-lede die oorde as dagbesoekers kan besoek. Met die koms van die nuwe bedeling het die ATKV, op grond van besluite van verskeie kongresse, homself onomwonde geskaar by dié nuwe bedeling. Vakansie hou, is een van die aktiwiteite wat ten nouste verband hou met die ontspanningskomponent van kultuur. Juis daarom is dit die ATKV se oogmerk om die vakansieervaring van die Afrikaanse kultuurgemeenskap aangenaam te maak. Die vakansiepatroon is gerig op die gesin en fokus op aspekte soos gesinsvermaak, veiligheid, ʼn rustige vakansieomgewing en vakansiegangers wat mekaar se behoeftes respekteer en aanvul. Om hierdie aangename vakansieervaring te verseker, is daar sekere reëls by die oorde wat insluit:

  • 'n Beperkte aantal dagbesoekers.
  • Geen drank by die swembaddens nie.
  • 'n Beleid van geen dronkenskap.
  • Erkenning van die menswaardigheid van elkeen wat die oord as betalende gas
  • besoek.
  • Geen busse met besoekers wat nie vooraf reëlings tref nie.

Hierdie beleid word toegepas om 'n atmosfeer te skep waarbinne besoekers heerlik kan ontspan. Daarby word aan elke besoeker die geleentheid gebied om die omgewing en die vermaak wat verskaf word, te kan ervaar. Daarom word ʼn persoon of persone wat die reëls oortree een of twee keer gewaarsku, waarna drasties opgetree word. Hierdie optrede kan afsetting van die oorde behels.

Die beleid is as volg:

Dagbesoekersbeleid

  • ATKV-lede geniet voorkeur bo nielede as hulle die oorde as dagbesoekers besoek.
  • ATKV-lede en nielede betaal ’n dagbesoekerstarief.
  • Dagbesoekers is nie net beperk tot ATKV-lede nie, maar voorafbesprekings is noodsaaklik.
  • ATKV-lede en nielede wat reeds as vakansiegangers by die oord is se familie en vriende mag
  • hulle as dagbesoekers besoek, maar dis noodsaaklik om vooraf reëlings te tref by ontvangs.
  • Die aantal dagbesoekers per oord moet streng beheer word omdat elke oord net ’n
  • beperkte aantal besoekers kan toelaat.
  • As gevolg van spasie en beperkte fasiliteite word geen gebruiklike dagbesoekers oor langnaweke en vir die tydperk tussen 15 Desember en 10 Januarie toegelaat by Klein-Kariba nie.
  • By ATKV-Natalia word geen ekstra besoekers gedurende Desember toegelaat nie as gevolg
  • van beperkte ruimte op die oord.
  • Hierdie dagbesoekersbeleid geld nie vir besoekers aan die Negester Landgoed by Klein-Kariba nie. ’n Afsonderlike beleid is in samewerking met die Huiseienaarsvereniging opgestel vir Negester Landgoed.
  • Dagbesoekerstarief

Dagbesoekers kan die oorde daagliks van 08:00 tot 17:00 besoek. Verskerpte maatreëls is ingestel om te verseker dat dagbesoekers hierby hou tensy ander reëlings met die betrokke oord se bestuur getref is.

Tariewe

Vir 'n meer gedetailleerde beskrywing van die verskillende soorte huisvesting en tariewe, klik op die tariewe

*As gevolg van die opgradering van verskeie verblyfeenhede die afgelope tyd mag dit wees dat die beskrywings en foto's van eenhede verskil van mekaar en ook verskil van die beskrywing op die tariefkaart. Ons is besig met die bywerking van die tariefkaart sowel as die foto's en beskrywings en poog om dit so spoedig moontlik op die webwerf te laai. Ons sê byvoorbaat dankie vir jou geduld. Indien daar enige onsekerheid is oor ʼn verblyfeenheid se beskrywing, fasiliteite en gepaardgaande foto’s, is jy welkom om die betrokke oord te skakel of ons sentrale besprekingskantoor by 011 919 9092.

ATKV heet jou hartlik welkom

Suid-Afrika met sy natuurskoon bied 'n weelde van besienswaardighede wat verdien om erken en geniet te word. Die ATKV het die ideale oplossing: sewe ongeëwenaarde oorde oor die hele land geleë by 'n magdom kultuurskatte, erfenisterreine en ander opwindende aanloklikhede, en beskikbaar teen bekostigbare tariewe. Hierdie uitsoekoorde is veilig, behoorlik beskerm en hulle pragtige liggings is inspirerend om van jou konferensie 'n professionele sukses te maak.

Promosies

Kom weer terug

ATKV Natalia Beach Resort is not a member Here are some alternatives

Location

Reviews

You need to be logged in to review listings
Login