ATKV Klein Karriba | Bela-Bela | Child-friendly accommodation

ATKV-Klein-Kariba Accommodation

R101, Bela-Bela Show me on google maps
accommodation roadtrip dad friendly restaurant activities picnic

Age Groups

  • All

ATKV-Klein-Kariba

For the English version please visit ATKV Klein Kariba - English

ATKV-Klein-Kariba | Bela-Bela | Child-friendly family accommodation

ATKV Klein-Kariba is geleë in een van die Waterberge se mooiste klowe, sowat 90 minute van Johannesburg af, net buite Bela-Bela. Hierdie pragoord bied ’n wye verskeidenheid akkommodasie met egte Bosveld-gasvryheid. ATKV-Klein-Kariba kan tot 700 mense akkommodeer tydens konferensies. Die rustigheid en vreedsame stilte is die perfekte atmosfeer vir positiewe besigheidsbeplanning. 'n Verskeidenheid aktiwiteite, ontspanningsgeriewe en fasiliteite verseker dat gaste in gerief kan vakansie hou. ATKV Klein-Kariba is verder geleë op die Bosveld-toeristeroete en die ideale basis vir verskillende dagtoere.

Watter aktiwiteite is beskikbaar vir families by die oord? Gaste by Klein-Kariba kan onder andere die volgende aktiwiteite geniet:

ATKV-Klein-Kariba | Bela-Bela | Child-friendly family accommodation
  • 9-Putjie kortystergholfbaan asook mini-gholfbaan
  • Koue buiteswembad en plaspoele
  • Perderitte
  • Potspel en elektroniese speletjies (naweke en skoolvakansies)
  • Staproetes, fietsry  Trap- en roeibootjies (naweke en skoolvakansies)
  • Twee warm swembaddens en verhitte binnenshuise swembad 
  • Vierwielaangedrewe motorfietsritte
  • Visvang
  • Vlugbal en rugby
  • Waterwurm
  • Wildbesigtiging

Die perseel bied verder 'n restaurant, wegneemete-kafee, geriefswinkel en OTM.

Vir sekere fasiliteite en vermaak mag daar van tyd tot tyd 'n addisionele heffing gevra word.

Watter akkommodasie opsies bied ATKV-Klein-Kariba?

ATKV-Klein-Kariba | Bela-Bela | Child-friendly family accommodation

Gebruik asb. die kontak vorm hier onder om tariewe te bevestig.

Familie Vriendelike Woonwa- en Kampeerterrein

ATKV-Klein-Kariba | Bela-Bela | Child-friendly family accommodation

Dié geplaveide 3-sterkampeerterrein beskik oor 74 staanplekke en twee groot ablusieblokke met opwasgeriewe. Die staanplekke het elk ʼn eie braaifasiliteit en is binne stapafstand van al die ontspanningsfasiliteite by die oord.

Laat ATKV-Klein-Kariba dagbesoekers toe?

Dagbesoekers is nie net beperk tot ATKV-lede nie, maar voorafbesprekings is noodsaaklik. Beperkte aantal dagbesoekers word toegelat. Om ʼn veilige gesinsomgewing te skep word daar verder geen drank by die swembaddens toegelaat nie. Geen busse met besoekers wat nie vooraf reëlings tref.

Tariewe

Vir 'n meer gedetailleerde beskrywing van die tariewe, klik op die tariewe

Promosies by ATKV-Klein Kariba

Kom weer terug

ATKV-Klein-Kariba is not a member Here are some alternatives

Location

Reviews

You need to be logged in to review listings
Login