ATKV Buffelspoort | North-West | Child-Friendly accommodation

ATKV Buffelspoort Accommodation

R104, Buffelspoort Show me on google maps
accommodation roadtrip outdoor play alcohol restaurant picnic

Age Groups

  • All

ATKV-Buffelspoort, Noordwes

For the English version please visit ATKV Buffelspoort - English

ATKV-Buffelspoort | North-West | Child-friendly family accommodation

Buffelspoort oord is geleë in Magaliesberge, minder as ’n uur van beide Pretoria en Johannesburg. Hierdie oord bied ’n wye keuse van akkommodasie en geriewe te midde van die pragtige natuurskoon. Daar is ’n skoonheidsalon, behoorlike toegeruste winkel en drankwinkel, gelisensieerde restaurant met 'n wegneemete-afdeling sowel as ʼn sportkroeg. Op die terrein is daar vyf ruim konferensielokale wat groepe van tot 500 persone kan huisves. Dit is die ideale oord vir jou volgende familie wegbreek in Noordwes en ʼn goeie basis van waar jy die omgewing kan verken.

Watter aktiwiteite is beskikbaar vir families by die oord?

  • Borrelbaddens
  • Gholf en avontuur-minigholf
  • Koue en warm binnenshuise en buite swembaddens
  • Ponie- en perderitte
  • Snoeker en potspel
  • Vlugbal, muurbal, tennis
  • Waterwurm
  • Wipmatte

ATKV-Buffelspoort | North-West | Child-friendly family accommodation

’n Gelisensieerde restaurant met ’n afdeling vir wegneemetes, ’n sportkroeg, skoonheidsalon en goed toegeruste winkel en drankwinkel vorm deel van die fasiliteite wat by die oord beskikbaar is. Daar is ook ’n OTM op die perseel. Vir sekere fasiliteite en vermaak mag daar van tyd tot tyd 'n addisionele heffing gevra word.

Watter akkommodasie opsies bied ATKV-Buffelspoort?

Met verskillende soorte selfsorgakkommodasie, ʼn kampeerterrein, ontspanningsgeriewe en aktiwiteite is ATKV-Buffelspoort die ideale sakpas vakansie waar jy per eenheid kan bespreek i.p.v. per person. Sien meer rakende die akkommodasie opsies hier onder.

Familie Vriendelike Woonwa- en Kampeerterrein

ATKV-Buffelspoort | North-West | Child-friendly family accommodation

Buffelspoort se kampeergeriewe is veral gewild. Benewens 4-bedtenthuise is daar ook ’n magdom kampeerstaanplekke onder skaduryke bome of geplaveide staanplekke met skadunette, kragpunte en 'n braai-area . Daar is uitstekende gemeenskaplike opwas- en ablusiefasiliteite met wassery.

Laat ATKV Buffelspoort dagbesoekers toe?

Dagbesoekers is nie net beperk tot ATKV-lede nie, maar voorafbesprekings is noodsaaklik. Beperkte aantal dagbesoekers word toegelat. Om ʼn veilige gesinsomgewing te skep word daar verder geen drank by die swembaddens toegelaat nie. Geen busse met besoekers wat nie vooraf reëlings tref word toegelaat nie. ATKV-lede en nielede wat reeds as vakansiegangers by die oord is se familie en vriende mag hulle as dagbesoekers besoek, maar dis noodsaaklik om vooraf reëlings te tref by ontvangs. Die aantal dagbesoekers per oord moet streng beheer word omdat elke oord net ’n beperkte aantal besoekers kan toelaat, gevolglik is van die oorde ook gesluit vir dagbesoekers gedurende die hoof seisoen. Dit is dus die beste om vooraf te skakel en reëlings te tref.

Selfsorg Eenhede

Buffelspoort beskik oor ’n verskeidenheid selfsorgakkommodasie waar jy per eenheid betaal en nie per persoon nie om kostes te bespaar.

Magalies-villas

ATKV-Buffelspoort | North-West | Child-friendly family accommodation

Die luukse en moderne Magalies-villas is die nuutste toevoeging tot ATKV-Buffelspoort se huisvesting. Dit bestaan elk uit 3 slaapkamers vir ses persone, ’n oopplankombuis en woonvertrek, 2 badkamers en 'n patio met 'n ingeboude braai. Dié eenhede het ook lugverkoeling.

Rondawels

ATKV-Buffelspoort | North-West | Child-friendly family accommodation

Besoekers kan kies om te woon in ʼn standaard rondawel of luukse rondawel met ’n badkamer, volledig toegeruste kombuis en 'n televisie met DSTV. Bespreek of vra gerus meer oor die volgende opsies:

  • 2-bedrondawel
  • 4-bedrondawel
  • 4-bedrondawel (enkelbed met stort)
  • 4-bedrondawel (voorsambreel)
  • 4-bedrondawel (semi-luuks)
  • 4-bedrondawel (standaard)
  • 5-bedrondawel
  • 8-bedrondawel

Tenthuise

ATKV-Buffelspoort | North-West | Child-friendly family accommodation

Die tenthuise het 4 beddens en ’n badkamer, met of sonder ʼn kombuis. 'n Gemeenskaplike kombuis is beskikbaar vir die eenhede wat nie hul eie kombuis het nie.

Woonstelle

ATKV-Buffelspoort | North-West | Child-friendly family accommodation

Die woonstelle het 4, 6 en 8 beddens met 'n badkamer, kombuis en TV. Bespreek gerus of vra meer oor die volgende:

  • 4-bedwoonstel
  • 6-bedwoonstel
  • 8-bedwoonstel
  • 8-bedwoonstel (3 slaapkamers)

Tariewe

Vir 'n meer gedetailleerde beskrywing van die tariewe, klik op die tariewe.

ATKV Promosies

Coming Soon

ATKV Buffelspoort is not a member Here are some alternatives

Location

Reviews

You need to be logged in to review listings
Login