fbpx

Wen familie kaartjies na die Kidz Skouspeel 2018 by Tygervallei!

Splinternuwe Kidz Skouspeel is terug by Tygervallei op 8 en 9 September by  die Tygervallei Arena Teater! 

Jy kan gesinskaartjies wen ter waarde van R320 – Skryf gou in of kry jou kaartjies by Computicket!

Kidz Skouspeel 5: Prinses Arena se jaarlikse talent skouspel.

Soos elke jaar is al Prinses Arena se gunsteling vriende saam op een verhoog – Lollos en Lettie, Tjiff en Tjaff, Liewe Heksie, Spekkies en Tygervallei se eie Tiere, Tom & Tina. Hierdie jaar kom kuier die koningin van die vallei vir die eerste keer saam. Sy is mooi en baie talentvol, maar nie altyd so vriendelik nie. Gaan Prinses Arena en al haar vriende die koningin met hulle goeie harte en talente kan oorrompel?

Kom kyk 8 en 9 September by  Die Tygervallei Arena Teater. Soos elke jaar is Kidz Skouspeel die hoogtepunt op die kindervermaakkalender.

Besoek Computicket om kaartjies te koop.
Wenner kaartjies is nie verhandelbaar of oordraagbaar nie en is slegs geldig vir Saterdag 8 September se 1pm (13:00) vertoning.


Leave a Reply

Back to Top
x
Verified by MonsterInsights