Afrikaans is Groot 2018 - Show - GrandWest, Cape Town

Afrikaans is Groot 2018 - Show - GrandWest, Cape Town Shows & Movies

16 March 2018 - 17 March 2018

GrandWest Casino And Entertainment World
excursions shows restaurant

Age Groups

  • 10-12
  • 13+

Afrikaans is Groot 2018 - GrandWest, Kaapstad

Nadat kaartjies vir nege Afrikaans is Groot-vertonings in Pretoria binne enkele ure uitverkoop het, maak dié gewilde konsertreeks weer ’n draai in die Moederstad - vir ’n vyfde keer. 

Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Theuns Jordaan, Karlien van Jaarsveld, Bobby van Jaarsveld, Riana Nel, Monique Steyn, Touch of Class, Die Heuwels Fantasties, Laurika Rauch, Corlea, Jannie Moolman, Elvis Blue, Jay, Lianie May, Bok van Blerk, Dewald Wasserfall, Snotkop en Arno Jordaan is almal saam op één verhoog. 

Afrikaans is Groot is ’n musiekkonsert wat sedert 2012 aangebied word, en beloof jaarliks om nie net iets vir die oor te bied nie, maar ook iets vir die oog. Uitstekende klank, skouspelagtige beligting en kreatiewe toevoegings maak van dié konsert ’n belewenis vir oud en jonk. Dit is tans so gewild dat die musiekstroom-app JOOX van China ook onlangs reuse stappe geneem het om dié Afrikaanse musiek beskikbaar te stel op hul musiekplatform.

“Die Afrikaanse gemeenskap in die Kaap is baie lojaal tenoor Afrikaanse musiek, daarom het ons besluit om die konsert ook daar aan te bied,” sê Arnold Coleske, uitvoerende vervaardiger van die konsert. Volgens Coleske is hierdie nie net ’n konsert nie, dit is ’n fees van musiek.

Dit is reeds die vyfde konsert wat in die Kaap aangebied word, en nes sy voorlopers, Afrikaans is Groot 2013, 2014, 2015 en 2016, gaan dié vertoning jou laat snak na jou asem. “Ons moet elke jaar meer konserte byvoeg, want die publiek soek meer,” vertel Coleske verder. “Konsertgangers is baie lojaal, en ons kry net goeie terugvoer van die publiek.”

Vanjaar se kunstenaars kan nie uitgepraat raak oor hoe opgewonde hulle is om in Kaapstad te gaan optree nie. 

“Ek was nie by verlede jaar se Afrikaans is Groot in die Kaap nie, so ek sien verskriklik uit na hierdie een,” vertel Arno Jordaan. “Die atmosfeer by Afrikaans is Groot is altyd spesiaal, en dis natuurlik te danke aan die wonderlike mense wat die konserte bywoon!”

“Kaap van storms, julle moet vashou… hier kom ’n storm uit die Noorde!” skerts Jannie Moolman. 

Kaartjies vir Afrikaans is Groot 2018 in Kaapstad vir Saterdag, 17 Maart se twee vertonings - om 13:00 en 19:30, onderskeidelik - is vanaf Donderdag, 23 November om 09:00 by Computicket of Shoprite/Checkers en House & Home winkels beskikbaa

 

Please Note: All enquiries with invalid email addresses or links in the body will not be sent.
Enquire Now

Send Message

Contact this event Telephone

Details for Family friendly live music event