Lollos bied fantastiese en unieke vermaak vir kinders in Afrikaans en nou ook in Engels! Saam met Lettie, Disco & Karla maak die vriendelike karakter van Lalaland seker kinders oor die hele land word sommer lekker fiks! Lollos en Lettie kom kuier slegs op aarde as kinders opgewonde lag: dan werk hulle vlerkies en kom kuier hulle by ons! Gedurende hul lewendige vertonings en vrolike CD’s en DVD’s word daar saam gedans en boonop leer die kleinspan natuurlik ook altyd iets op ‘n prettige manier.