Dans van die Vlamme -Taalmonument

Dans van die Vlamme -Taalmonument Special Events

29 December 2018

Taalmonument
picnic

Age Groups

  • All

Dans van die Vlamme steek weer Taalmonument aan die brand

Vuurwarm pret gaan gaste weereens vermaak en verbyster

ʼn Nag van vlamme, vuur en natuur is die lig aan die einde van die jaartonnel wanneer die Psychedelic Theatre op Saterdag 29 Desember 2018 by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl optree. Voeg daarby heerlike somerweer en lekker pieknieks op die sagte gras van die Tuinteater, dan is dit heeltemal te verstane waarom die ‘Dans van die Vlamme’-vertoning, hul elfde by die monument, ʼn hoogtepunt op die kalender is.

Die uurlange, supergewilde vertoning sluit in musiek, vuurdansers wat vlamme eet en uitblaas, en onder meer met brandende hoelahoepels, palmkerse en vuurslange dans. Soos gewoonlik gaan hulle weer die gehoor na hul asem laat snak met nuwe danse en asemrowende toertjies.

Lanél van der Kolf, akteur en stigterslid van die Psychedelic Theatre, sê dat hul daarna uitsien om plaaslike inwoners, toeriste én vakansiegangers by die Taalmonument te ontvang vir ʼn onvergeetlike aand van pragtige uitsigte, ʼn ongelooflike sonsondergang, piekniek én ʼn vuurdansbelewenis. Die Psychedelic Theatre bied vertonings aan wat die stoutse verwagtinge oortref deur dit ver verby alledaagse menslike ervaringe te waag. Sensoriese stimuli word omgeswaai, binnestebuite gedraai en uitgespat oor wat 'n verleidelike opvoeringsdoek word. Visuele uitstallings wissel van vuur, fisieke teater, mimiek en dans tot interaktiewe en ligvertonings, op die maat van oorspronklike musiek. Kry solank ’n voorsmakie deur na hul vorige optredes by die monument te kyk by Taal Monument Videos. 

Die hekke open om 17:00 en die vertoning self begin om 20:00 sodra die son groet. Besoekers is welkom om hul eie drankies (geen glas) en piekniekmandjies saam te bring of een vooraf by Volksmond Koffiewinkel (R300 vir twee persone of R400 met ’n mandjie ingesluit) te bestel op 021 863 2800. Volksmond sal oop wees vir koffie en ligte verversings asook pizza. Kaartjies is vooraf te koop by Computicket en by die Taalmonument teen R100 vir volwassenes en R50 vir kinders onder 13 jaar. Geen rook en stoele word in die Tuinteater toegelaat nie. Bring ’n kombers of kussing en warm klere saam. Besoekers word aangemoedig om die omgewing te verken en het ook toegang tot veilige parkering, buitelug-speletjies, kinderspeelparke asook ’n buitelug gedigte-uitstalling.

Vir verdere inligting oor hierdie en ander geleenthede (soos die volmaan- en sterrekykpieknieks):

Skakel 021 863 0543/4809 of besoek www.taalmonument.co.za en www.facebook.com/afrikaansetaalmonument.

Die konserte hierdie seisoen sluit ook:

die Rieldans-finale (8 Desember)
Krismis met die Sterre (15 Desember)
The Rockets (25 Januarie 2019)
ADAM, Early B & Irene-Louise van Wyk (16 Februarie)
Leah & Karin Kortje (23 Februarie) asook
Die Taalmonument Koorfees (14 Maart) in.

Die Afrikaanse Taalmonument: Kultuur, natuur én plesier.

*Vir moontlike onderhoude met The Psychedelic Theatre, kontak Lanél van der Kolff op 079 148 1933

*Foto geneem deur Lavonne Bosman.

 

Picnic on Fire to set the Taalmonument alight

Flaming hot Psychedelic Theatre to entertain and amaze guests yet again

A night of flames, fire and nature is the light at the end of the year tunnel when the Psychedelic Theatre performs at the Afrikaans Language Monument in Paarl on Saturday 29 December 2018. Add to this lovely summer weather and delicious picnics on the gentle grass of the Garden Theatre, and then it's clear why the 'Picnic on Fire' show, their eleventh at the monument, is a calendar highlight.

The hour-long super popular show includes music, fire breathers, and dances with burning hula-hoops, palm candles and fire snakes.  As usual, they will have the audience eating out of their hands with spectacular new dances and breath-taking twists.

Lanel van der Kolf, actor and founder of the Psychedelic Theatre, says that they look forward to receiving locals, tourists and holidaymakers at the Language Monument for an unforgettable evening of beautiful views, an amazing sunset, picnic and a fire dance experience. The Psychedelic Theatre presents performance spectacles that venture beyond the expectations of everyday human experience. A sensory stimulus is flipped around, turned inside out and splashed out on what becomes a tantalising performance canvas. Visual displays range from fire, physical theatre, mime, dance, interactive performances and light shows, all to the beat of original music. Get a taste of it by looking at their previous performances at the monument at Taalmonument Videos.

The gates open at 17:00 and the show starts at 20:00 as soon as the sun bids us farewell. Visitors are welcome to bring their own drinks (not glass) and picnic baskets, or order one in advance at Volksmond Coffee Shop (R300 for two people or R400 with a basket) on 021 863 2800. Volksmond will also be open for coffee and light refreshments as well as pizza. Tickets can be purchased in advance at Computicket or the Language Monument - R100 for adults and R50 for children under 13 years. No smoking and chairs are allowed in the Garden theatre. Bring a blanket or pillow and warm clothes. Visitors are encouraged to explore and can access secure parking, outdoor games, a playground and an open-air poetry exhibition.

For further information about these and other events (such as the full moon and stargazing picnics)

 Call 021 863 0543/4809 or visit www.taalmonument.co.za and www.facebook.com/afrikaansetaalmonument.

The concerts this season include:

The Rieldans finals (8 December)
 Krismis met die Sterre (15 December)
The Rockets (25 January 2019)
ADAM, Early B & Irene-Louise van Wyk (16 February)
Leah & Karin Kortje (23 February)
as well as the Taalmonument Choir Festival (14 March)

The Afrikaans Language Monument: Culture, nature and pleasure.

* For possible interviews with The Psychedelic Theatre, contact Lanél van der Kolff on 079 148 1933

*Photo credit: Lavonne Bosman

Please Note: All enquiries with invalid email addresses or links in the body will not be sent.
Enquire Now

Send Message

Contact this event Telephone

Details for Dans van die Vlamme -Taalmonument