Filter
Ollie onthou deur Cleverkiddos

Ollie onthou deur Cleverkiddos

Ollie onthou is n vrolike kleurvolle geheue speletjie vir kinders 3 jaar en ouer. Dit is ook so ontwerp dat die kind self sy of haar ouderdom kan kies en dit word dan in moeilikheidsgraad aangepas.

Wat vir ons opvallend was van die toep is dat dit regtig deur iemand met n hart vir kinders en kinderontwikkeling ontwerp is. Anders as ander toeps wat maklik n neerhalende “booby trap” geluid of negatiewe terug voer het, fokus hierdie toep op positiewe versterking. Die kind voel dus nie asof hy of sy vaal nie, maar word eerder gemotiveer om weer te probeer.

Olie onthou vang n paar oulike aspekte van die afrikaanse taal vas deur byvoorbeeld grappig te verwys na die geheue van n olifant tydens suksesvolle pogings. N Verdere aspek wat dit besonders gewild maak is die feit dat die ontwikkelaar besef dat kinders prys soek. So byvoorbeeld het ons al ander toeps getoets met bv die tradisionele geheue kaart speletjie waar die kaartjies wat suksesvol by mekaar gepas is bloot op die bord bly. In Ollie onthou word kinders beloon deurdat die diere, bv die leeu, opgewonde brul en dan weg skuif na die onderste hoekie van die skerm. Ons het onder andere n dogtertjie gehad wat (nadat sy Ollie onthou gespeel het) weer n ander geheue kaart speletjie gespeel het en baie teleurgesteld gese het “Mamma die kaartjie moet nou weg gaan!” Dit het net weereens bevestig dat kinders mal is oor die terugvoer en animasie wat volg op Ollie onthou se suksesvolle pas van kaartjies.

Uit n opvoedkundige oogpunt leer kinders visuele geheue bevorder deur te herroep watter diere agter die bos skuil. Auditiewe geheue word geoefen en bevorder deurdat die storieverteller n paar diere lys waar na die kind dit moet herroep. Dit word net een keer uitgebeeld of voorgelees, so kinders moet regtig fokus om dit die eerste keer reg te kry. Gelukkig as hulle vir n oomblik nie geluister het nie en wel moet n bietjie raai (soos almal van ons al het) leer hulle of om hulle self te vertrou (het hy of het hy nou nie reg gehoor nie?) of hulle kry weer n kans indien hulle iets verkeerdelik herroep het.

Op n subtiele vlak kan die kind ook leer van diere, diere geluide en om te onderskei tussen n luiperd en n jagluiperd (ken jy die verskil?). Weereens gebruik hierdie toep hoë gehaalte ontwerp uit n funksionele en grafiese oogpunt. Die uitspraak is duidelik en stem toon varieer sodat mens werklik kan voel die storiverteller het n verbintenis met die deelnemer. Sy gebruik ook n verskeidenheid woorde vir prys ipv die herhaling van een woord soos mens by ander toeps kry wat mens andersinds teen die mure kan uit dryf.

Ons enigste aanpassings wat ons sal versoek is n speel weer knoppie aan die einde van n speletjie vir n natuurlike vloei en “Meer ons soek meer!” soos aan die einde van n goeie verhoogtoneelstuk, kinders kan net nie genoeg kry nie. Ons sien uit na nog opvoedkundige afrikaanste apps of toeps deur Cleverkiddo.

Die detail:

Ollie onthou bestaan uit drie speletjies aangepas volgens oudersom nl.

  • Geheue kaart speletjie
  • Visuele geheue speletjie
  • Auditiewe herroep geheue speletjie

 

Instruksies is eenvoudig en duidelik

Inligting is feitlik korrek

Leer vind plaas op verskeie vlakke, geheue en diere kennis

Daars n goeie verskeidenheid

Beskikbaar op Android

Beskikbaar op Apple IOS

Ander Tale:

Engels

Frans

Skakels en Toeps deur Cleverkiddos:

Ollie Onthou

Apple: https://itunes.apple.com/app/ollie-onthou-deur-cleverkiddo/id930990699?mt=8
Google Play:  https://play.google.com/store/apps/details?id=com.cleverkiddoapps.ollieonthou&hl=en

Memory Games for Cleverkiddos

Apple: https://itunes.apple.com/us/app/memory-games-for-cleverkiddos/id965531774?mt=8
Google Play: https://play.google.com/store/apps/details?id=com.cleverkiddoapps.memoryGames&hl=en

Seisoene deur Cleverkiddo

Apple: https://itunes.apple.com/app/seisoene-deur-cleverkiddo/id688554942?mt=8 
Google Play: https://play.google.com/store/apps/details?id=com.cleverkiddoapps.seisoene&hl=en

Seasons by Cleverkiddo

Apple:  https://itunes.apple.com/app/seasons-by-cleverkiddo/id688516385?mt=8
Google Play: https://play.google.com/store/apps/details?id=com.cleverkiddoapps.seasons&hl=en

Saisons by Cleverkiddo (French)

Apple: https://itunes.apple.com/us/app/saisons-par-cleverkiddo/id766371653?mt=8
Google Play: Not Available yet

Olke Bolke

Apple: https://itunes.apple.com/us/app/olke-bolke/id796368637?mt=8
Google Play: https://play.google.com/store/apps/details?id=com.cleverkiddoapps.olkebolke&hl=en

Peg Board by Cleverkiddo

Apple: https://itunes.apple.com/us/app/peg-board-by-cleverkiddo/id948833206?mt=8
Google Play: https://play.google.com/store/apps/details?id=com.cleverkiddoapps.pegboard&hl=en

You need to be logged in to comment on the blog, click below to log in. If have not logged in before, select login with google and an account will be created for you
Login